Skip Navigation

DVD Ilustrado Multilíngue

The Biology of Prenatal Development


6 Meses - Nascimento


DIE VOORGEBOORTELIKE ONTWIKKELINGSPROSES

.Afrikaans


 

Baixar Versão em PDF  O Que é PDF?
 

Capítulo 43   5 a 6 Meses (20 a 24 Semanas): Responde ao Som; Cabelo e Pele; Idade de Viabilidade

Teen 24 weke gaan die ooglede weer oop en kan die fetus sy oë knip wanneer hy skrik. vroulike fetusse ontwikkel hierdie reaksie op skielike harde geluide tipies vroeër as manlike fetusse.

Verskeie ondersoeke het aan die lig gebring dat blootstelling aan harde geluide moontlik die fetus se gesondheid kan affekteer. Onmiddellike gevolge sluit verhoogde hartklop wat vir 'n lang tyd aanhou, oormatige slukbewegings en onverwagse gedragsveranderinge in. Moontlike langtermyn-gevolge is, onder andere, gehoorverlies.

Die fetus se asemhalingstempo kan tot so hoog as 44 in-uitsiklusse per minuut styg.

Gedurende die derde trimester van swangerskap, gebruik die vinnig-groeiende brein meer as 50% van die energie wat deur die fetus verbruik word. Die brein word tussen 400 en 500% swaarder.

Teen 26 weke kan die oë trane produseer.

Die pupille reageer op lig teen so vroeg as 27 weke. Regdeur die mens se leeftyd reguleer hierdie reaksie die hoeveelheid lig wat die retina sal bereik.

Alles wat vir 'n funksionele reuksin nodig is, is in werkende toestand. Studies het bewys dat vroeggebore babas reeds so vroeg as 26 weke na bevrugting die vermoë het om reuke te bespeur.

As iets soets by die vrugwater gevoeg word, verhoog dit die pas waarmee die fetus slukbewegings maak. In teenstelling, sluk die fetus minder gereeld wanneer iets bitters bygevoeg word. Dikwels gaan dit met veranderde gesigsuitdrukking gepaard.

Deur sy bene treetjie-vir-treetjie te beweeg, asof hy loop, kan die fetus bollemakiesie slaan.

Die fetus lyk nou minder verrimpeld omdat ekstra vet onder die vel gevorm word. Vet speel 'n belangrike rol in die onderhouding van liggaamstemperatuur en die opgaar van energie na geboorte.

Capítulo 44   7 a 8 Meses (28 a 32 Semanas): Discriminação de Sons, Estados Comportamentais

Teen 28 weke kan die fetus tussen geluide met hoë en lae toonhoogtes onderskei.

Teen 30 weke, maak die fetus meer gereelde asemhalingsbewegings; 'n gemiddelde fetus doen dit tussen 30 en 40% van die tyd.

Gedurende die laaste 4 maande van swangerskap, is die fetus periodiek met samehangende aktiwiteite besig, onderbreek deur gereelde rustye. Hierdie gedragspatrone wys hoe die sentrale senuweestelsel in kompleksiteit toeneem.

Capítulo 45   Os Membros e a Pele

Teen omtrent 32 weke begin egte alveoli, of "longblasies", in die longe ontwikkel. Alveoli sal aanhou vorm tot die kind ongeveer agt jaar oud is.

Teen 35 weke het die fetus al 'n stewige handgreep.

Soos die fetus aan verskeie stowwe blootgestel word, beïnvloed dit sy smaakvoorkeure na geboorte. Fetusse wie se ma's byvoorbeeld droplekkers geëet het, waarvan die bekende smaak van anys afkomstig is, het na geboorte 'n voorliefde vir anys getoon. Pasgeborenes wat dit nie as fetusse ingekry het nie, het nie van anys gehou nie.

Capítulo 46   9 Meses até o Nascimento (36 Semanas até o Nascimento)

Die fetus sit die kraamproses aan die gang deur groot hoeveelhede van die hormoon estrogeen vry te stel, en begin so sy oorgang van fetus na pasgeborene.

Die kraamproses word deur kragtige sametrekkings van die baarmoeder gekenmerk, waarna die kind gebore word.

Menslike ontwikkeling is dinamies, voortdurend en gekompliseerd, van bevrugting tot geboorte en daarna. Nuwe ontdekkings wat oor hierdie boeiende proses gemaak word, wys al hoe meer hoe belangrik gesonde fetale ontwikkeling vir lewenslange gesondheid is.

Deur groter begrip vir vroeë menslike ontwikkeling te verwerf, verhoog ons ons kanse om gesonder te leef -
6 Meses - Nascimento