| |
Capítulo 1 Introdução
|
| |
| Die dinamiese proses waartydens
'n een-sellige menslike sigoot in
'n volwassene met 100-triljoen selle
verander, is seker een van die
merkwaardigste natuurlike
verskynsels denkbaar.
|
| Navorsing het getoon dat
baie van 'n volwassene
se roetine-liggaamsfunksies
reeds gedurende swangerskap
gevestig word -
dikwels lank reeds voor geboorte.
|
| Die ontwikkelingstadium
voor geboorte
word al hoe meer as 'n
voorbereidingstydperk verstaan.
Die ontwikkelende mens verwerf tydens
hierdie periode baie van die strukture,
en oefen talle van die vaardighede,
wat vir oorlewing na geboorte nodig is.
|
Capítulo 2 Terminologia
|
| Menslike swangerskap duur
gewoonlik ongeveer 38 weke
soos gemeet vanaf die
oomblik van bevrugting,
tot en met geboorte.
|
| Gedurende die eerste
8 weke na bevrugting,
word die ontwikkelende mens
'n embrio genoem,
wat "binne-in opswel"
of "binne-in groei" beteken.
Hierdie embrionale stadium
word deur die vorming van die
belangrikste liggaamstelsels gekenmerk.
|
| Vanaf die eerste 8 weke verby is totdat
die swangerskap tot 'n einde kom,
word die ontwikkelende mens
'n fetus genoem,
wat "ongebore afstammeling" beteken.
Gedurende hierdie tydperk
- die fetale fase -
word die liggaam groter en
begin die liggaamstelsels werk.
|
| Elke embrionale en fetale leeftyd
word in hierdie program
vanaf die oomblik van bevrugting gemeet.
|