| |
O Período Fetal (8 semanas até o Nascimento)
Capítulo 37 9 Semanas: Engole, Suspira e se Estica
|
| |
| Die fetale stadium duur
tot met geboorte.
|
| Teen 9 weke begin
die fetus sy duim suig,
en kan hy al van die vrugwater insluk.
|
| Die fetus kan ook 'n voorwerp vasgryp,
sy kop vorentoe en agtertoe beweeg,
sy kakebeen oop en toe maak,
sy tong beweeg, sug en strek.
Senuweepunte in die gesig,
handpalms
en voetsole kan ligte aanraking voel.
In reaksie op 'n ligte aanraking
van die voetsool,
sal die fetus sy heup en knie
buig en dalk sy tone krul.
|
| Die ooglede is nou heeltemal toe.
|
| Die stembande se
ontwikkeling begin met
die verskyning van vokale ligamente
in die strottehoof oftewel larinks.
|
| Die baarmoeder kan in
vroulike fetusse gesien word
en voorloper-voortplantingselle
(oögoniums)
vermeerder binne-in die eierstok.
Uitwendige genitalieë begin nou as
manlik of vroulik differensieer.
|
Capítulo 38 10 Semanas: Revira os olhos e Boceja, Unhas e Impressões Digitais
|
| |
| Tussen 9 en 10 weke versnel
groei só dat die fetus se
liggaamsgewig met
meer as 75% toeneem.
|
| As mens die boonste ooglid
teen 10 weke sou aanraak,
sal die oog na onder rol.
Die fetus gaap en maak dikwels
sy mond oop en toe.
|
| Fetusse suig meestal hul regterduim.
Die gedeeltes van die ingewande
wat in die naelstring lê,
begin nou na die buikholte terugkeer.
|
| Die oorgrote meerderheid
bene begin ossifiseer.
|
| Vinger- en toonnaels begin ontwikkel.
|
| 10 weke na bevrugting maak
unieke vingerafdrukke hul verskyning.
Die mens sal dwardeur sy lewe deur
hierdie patrone geïdentifiseer kan word.
|
Capítulo 39 11 Semanas: Absorve Glicose e Água
|
| |
| Teen 11 weke
is die neus en lippe volledig gevorm.
Soos alle ander liggaamsdele,
sal hulle ook tydens elke lewenstadium
van voorkoms verander.
|
| Die ingewande begin
die glukose en water
wat die fetus insluk, absorbeer.
|
| Hoewel geslag reeds by bevrugting
vasgestel is,
kan uitwendige genitalieë nou
as manlik of vroulik
van mekaar onderskei word.
|