| |
Capítulo 40 3 a 4 Meses (12 a 16 Semanas): Papilas Gustativas, Movimento de Mandíbula, Reflexo de Sucção, Percepção dos Primeiros Movimentos do Feto
|
| |
| Tussen 11 en 12 weke
neem die fetus se gewig
met byna 60% toe.
Op 12 weke is die eerste derde,
of trimester, van die swangerskap verby.
|
| Duidelik onderskeibare smaakknoppies
bedek nou die binnekant van die mond.
|
| Teen geboorte sal net
die smaakknoppies
op die tong en verhemelte oorbly.
|
| Die fetus kan van so vroeg as
12 weke stoelgang voortbring;
dít kan sowat 6 weke lank gebeur.
Die eerste stof wat
die fetale of pasgebore kolon uitskei,
word mekonium genoem.
Mekonium bestaan uit
spysverterings-ensieme,
proteïne en dooie selle wat deur
die spysverteringskanaal uitgewerp word.
|
| Teen 12 weke is die boonste
ledemate lengtegewys al amper
in die regte verhouding teenoor
die grootte van die liggaam.
Die onderste ledemate neem langer om
hul uiteindelike afmetings aan te neem.
|
| Met die uitsondering
van die rug en kroontjie,
reageer die fetus se hele liggaam
nou op ligte aanraking.
|
| Geslagsafhanklike
ontwikkelings-verskille
verskyn nou vir die eerste keer.
Vroulike fetusse beweeg byvoorbeeld
meer dikwels hul kakebene
as manlike fetusse.
|
| In teenstelling met die terugtrek-reaksie
wat vroeër tydens aanraking
van die mondgedeelte waargeneem
kon word, begin die fetus nou sy kop
na die stimulus draai
en maak hy sy mond oop.
Hierdie "soekrefleks"
gebeur ook ná geboorte,
sodat dit vir die pasgeborene
makliker is om die moeder se tepel
gedurende borsvoeding te vind.
|
| Die gesig hou aan verander
soos vetweefsel die wange begin vul
en tandontwikkeling begin plaasvind.
|
| Teen 15 weke verskyn en
vermenigvuldig bloedvormende stamselle
in die beenmurg.
Die grootste gedeelte van
bloedsel-vorming sal hier plaasvind.
|
| Hoewel beweging reeds by 'n embrio
van 6 weke waargeneem kan word,
word 'n swanger vrou eers
tussen 14 en 18 weke
van die eerste fetale bewegings bewus.
'n Verwagtende vrou sal soms daarna
verwys deur te sê dat sy 'lewe voel'.
|