| |
Capítulo 41 4 a 5 Meses (16 a 20 Semanas): Resposta ao Estresse, Verniz Caseoso, Ritmos Circadianos
|
| |
| As 'n naald teen 16 weke
in die fetus se maag gesteek sou word,
sal dit 'n hormonale
stresrespons veroorsaak.
Nor-adrenalien,
of nor-epinefrien,
word dan in die bloedstroom vrygestel.
|
| In die asemhalingstelsel,
is die lugpypvertakkings
nou amper voltooi.
|
| 'n Beskermende wit vetterigheid,
met die naam vernix caseosa,
bedek nou die fetus.
Vernix beskerm die vel
teen moontlike irritasie wat
die vrugwater kan veroorsaak word.
|
| Vanaf 19 weke begin die fetus
se bewegings, asemhaling,
en hartklop 'n daaglikse siklus volg,
wat die etmaal- of
sirkadiese ritme genoem word.
|
Capítulo 42 6 a 7 Meses (24 a 28 Semanas): Reflexo Cócleo-Palpebral e de Sobressalto; Pupilas Respondem à Luz; Olfato e Paladar
|
| |
| Teen 20 weke bereik die koglea,
die gehoor-orgaan,
sy volwasse grootte
binne die volledig ontwikkelde
binne-oor.
Van nou af,
sal die fetus al hoe
meer op geluide reageer.
|
| Hare begin op die kopvel groei.
Alle die vel se lae
en strukture is gevorm,
asook haarfollikels en kliere.
|
| Teen 21 tot 22 weke na bevrugting
word dit vir die longe effe
moontlik om lug in te asem.
Dit is die ouderdom waarop die fetus
as lewensvatbaar beskou word,
omdat oorlewing
buite die baarmoeder nou vir
sommige fetusse moontlik sou wees.
|