| |
Capítulo 43 5 a 6 Meses (20 a 24 Semanas): Responde ao Som; Cabelo e Pele; Idade de Viabilidade
|
| |
| Teen 24 weke gaan
die ooglede weer oop
en kan die fetus sy oë
knip wanneer hy skrik.
vroulike fetusse ontwikkel hierdie
reaksie op skielike harde geluide
tipies vroeër as manlike fetusse.
|
| Verskeie ondersoeke het aan
die lig gebring dat blootstelling
aan harde geluide moontlik die fetus
se gesondheid kan affekteer.
Onmiddellike gevolge sluit
verhoogde hartklop wat
vir 'n lang tyd aanhou,
oormatige slukbewegings en
onverwagse gedragsveranderinge in.
Moontlike langtermyn-gevolge
is, onder andere, gehoorverlies.
|
| Die fetus se asemhalingstempo
kan tot so hoog
as 44 in-uitsiklusse per minuut styg.
|
| Gedurende die derde
trimester van swangerskap,
gebruik die vinnig-groeiende brein
meer as 50% van die energie
wat deur die fetus verbruik word.
Die brein word tussen 400
en 500% swaarder.
|
| Teen 26 weke kan
die oë trane produseer.
Die pupille reageer op
lig teen so vroeg as 27 weke.
Regdeur die mens se leeftyd
reguleer hierdie reaksie
die hoeveelheid lig
wat die retina sal bereik.
|
| Alles wat vir 'n funksionele
reuksin nodig is,
is in werkende toestand.
Studies het bewys
dat vroeggebore babas
reeds so vroeg as 26 weke
na bevrugting die vermoë
het om reuke te bespeur.
As iets soets by
die vrugwater gevoeg word,
verhoog dit die pas waarmee
die fetus slukbewegings maak.
In teenstelling, sluk
die fetus minder gereeld
wanneer iets bitters bygevoeg word.
Dikwels gaan dit met veranderde
gesigsuitdrukking gepaard.
|
| Deur sy bene treetjie-vir-treetjie
te beweeg, asof hy loop,
kan die fetus bollemakiesie slaan.
|
| Die fetus lyk nou minder verrimpeld
omdat ekstra vet onder
die vel gevorm word.
Vet speel 'n belangrike rol in die
onderhouding van liggaamstemperatuur
en die opgaar van energie na geboorte.
|
Capítulo 44 7 a 8 Meses (28 a 32 Semanas): Discriminação de Sons, Estados Comportamentais
|
| |
| Teen 28 weke kan die fetus tussen
geluide met hoë en lae
toonhoogtes onderskei.
|
| Teen 30 weke, maak die fetus
meer gereelde asemhalingsbewegings;
'n gemiddelde fetus doen dit
tussen 30 en 40% van die tyd.
|
| Gedurende die laaste 4
maande van swangerskap,
is die fetus periodiek met
samehangende aktiwiteite besig,
onderbreek deur gereelde rustye.
Hierdie gedragspatrone
wys hoe die sentrale senuweestelsel
in kompleksiteit toeneem.
|
Capítulo 45 Os Membros e a Pele
|
| |
| Teen omtrent 32 weke
begin egte alveoli,
of "longblasies",
in die longe ontwikkel.
Alveoli sal aanhou vorm tot
die kind ongeveer agt jaar oud is.
|
| Teen 35 weke het die fetus
al 'n stewige handgreep.
|
| Soos die fetus aan verskeie
stowwe blootgestel word,
beïnvloed dit sy
smaakvoorkeure na geboorte.
Fetusse wie se ma's
byvoorbeeld droplekkers geëet het,
waarvan die bekende smaak
van anys afkomstig is,
het na geboorte
'n voorliefde vir anys getoon.
Pasgeborenes wat dit nie
as fetusse ingekry het nie,
het nie van anys gehou nie.
|
Capítulo 46 9 Meses até o Nascimento (36 Semanas até o Nascimento)
|
| |
| Die fetus sit die kraamproses
aan die gang
deur groot hoeveelhede van
die hormoon estrogeen vry te stel,
en begin so sy oorgang
van fetus na pasgeborene.
Die kraamproses word
deur kragtige sametrekkings
van die baarmoeder gekenmerk,
waarna die kind gebore word.
|
| Menslike ontwikkeling is dinamies,
voortdurend en gekompliseerd,
van bevrugting tot
geboorte en daarna.
Nuwe ontdekkings wat oor hierdie
boeiende proses gemaak word,
wys al hoe meer hoe belangrik
gesonde fetale ontwikkeling vir
lewenslange gesondheid is.
Deur groter begrip vir vroeë
menslike ontwikkeling te verwerf,
verhoog ons ons kanse om
gesonder te leef -
|