| |
O Período Embrionário (As Primeiras 8 Semanas)
Desenvolvimento Embrionário: As Primeiras 4 Semanas
Capítulo 3 Fertilização
|
| |
| Biologiese gesproke,
"begin menslike ontwikkeling
met bevrugting",
wanneer 23 van die man
se chromosome,
en 23 van die vrou s'n,
tydens die vereniging
van hul voortplantingselle
bymekaar gevoeg word.
'n Vroulike voortplantingsel
word gewoonlik 'n "eiersel" genoem;
die wetenskaplike term
hiervoor is "oösiet".
Net so staan 'n man se voortplantingselle
gewoonlik as "spermselle" bekend,
maar word dit verkieslik
eerder spermatosoë genoem.
Nadat 'n oösiet deur die
vrou se eierstok vrygelaat is,
tydens 'n proses genaamd ovulasie,
smelt die oösiet en spermatosoön
binne-in een van die
baarmoederbuise saam.
Hierdie buise word soms ook die
Fallopiese buise genoem.
Die baarmoederbuise verbind
'n vrou se eierstokke
met haar baarmoeder, of uterus.
Die enkelsellige embrio wat so
ontstaan word 'n sigoot genoem,
wat "aanmekaargelas" beteken.
|
Capítulo 4 DNA, divisão celular e Fator Inicial da Gravidez (EPF)
|
| |
| Die sigoot se 46 chromosome
maak die unieke eerste uitgawe
van 'n nuwe individu se
volledige genetiese bloudruk uit.
Hierdie meesterplan is in styf opgerolde
molekules opgeteken, wat
deoksiribo-nukleïen-suur genoem word.
DNS bevat die instruksies waarvolgens
die hele liggaam sal ontwikkel.
DNS molekules lyk soos gedraaide lere,
wat as dubbele helikse bekend staan.
Elke trappie van so 'n leer bestaan
uit afgepaarde molekules,
of basisse, genaamd guanien,
sitosien, adenien en tiamien.
|
| Guanien kom slegs
saam met sitosien voor,
en adenien slegs saam met tiamien.
Elke menslike sel bevat
ongeveer 3-miljard sulke basispare.
'n Enkele sel se DNS bevat
soveel inligting dat,
deur net die eerste letter
van elke basis te gebruik,
meer 1.5-miljoen bladsye
sou nodig wees om
dit alles neer te skryf!
Indien die DNS van 'n enkele menslike sel
lankuit van begin tot einde
uitgelê kon word, sou dit
'n hele meter lank wees.
|
| As al die DNS in 'n volwasse mens
se 100-triljoen selle
oopgerol kon word,
sou dit meer as 'n 100-miljard
kilometer lank wees.
So ver soos 340 keer
son toe en terug.
|
| Ongeveer 24 tot 30 uur na bevrugting
voltooi die sigoot sy eerste selverdeling.
Een sel verdeel in twee,
twee in vier, en so voorts,
tydens 'n proses genaamd mitose.
|
| Swangerskap kan reeds so
vroeg as 24 tot 48 uur
na bevrugting bevestig word,
wanneer die teenwoordigheid van
"vroeë swangerskapsfaktor"-hormone,
in die moeder se bloed bespeur kan word.
|
Capítulo 5 Estágios Iniciais (Mórula e Blastocisto) e Células Tronco
|
| |
| Die embrio se verdelende selle
neem 3 tot 4 dae na bevrugting
'n sferiese vorm aan,
en word die embrio 'n morula genoem.
Teen 4 tot 5 dae vorm 'n holte
binne-in die bal vol selle
en word die embrio 'n blastosist genoem.
Die selle binne-in die blastosist
word die binneste selmassa genoem
en is die voorganger van die kop,
liggaam, en ander strukture
wat nodig is om 'n mens te vorm.
Die selle binne-in die binneste selmassa
word embrioniese stamselle genoem,
want hulle beskik oor die vermoë
om elkeen van die meer as
200 soorte selle wat in
die menslike liggaam voorkom, te vorm.
|
Capítulo 6 1 a 1½ Semanas: Implantação e Gonadotrofina Coriônica Humana (hCG)
|
| Na sy reis deur die baarmoederbuis,
gaan sit die embrio
teen die binnewand van die
moeder se baarmoeder vas.
Hierdie inplantingsproses
begin teen 6 dae
na bevrugting en eindig
teen 10 tot 12 dae.
Die groeiende embrio se selle begin om
menslike chorioniese gonadotropien
(MCG) af te skei, die hormoon
wat meestal tydens swangerskaps-
toetse opgespoor kan word.
MCG veroorsaak dat
swangerskapshormone
die normale menstruasie-siklus
onderbreek,
sodat die swangerskap
voortgesit kan word.
|
Capítulo 7 A Placenta e o Cordão Umbilical
|
| Na inplanting,
begin die selle op die buiterand
van die blastosist om
'n struktuur genaamd
die plasenta te vorm,
wat as geleier tussen die moeder en die
embrio se bloedvaatstelsels sal dien.
Die plasenta voorsien
suurstof, voedingstowwe,
hormone en medikasie vanaf die moeder
na die ontwikkelende mensie;
dit verwyder ook alle afvalprodukte
en verhoed dat die moeder se bloed
met dié van die embrio of fetus meng.
Die plasenta produseer ook hormone
en sorg dat die embrio of fetus
se liggaamstemperatuur
effens hoër as dié van die moeder s'n bly.
Die plasenta se kommunikasiekanaal
met die ontwikkelende mensie
is die bloedvate wat
in die naelstring voorkom.
Die plasenta se vermoë om
lewe te onderhou stof selfs
dié van intensiewesorg-eenhede
by moderne hospitale uit.
|
Capítulo 8 Nutrição e Proteção
|
| |
| Teen 1 week,
vorm die binneste selmassa
se selle twee lae, genaamd
die hipoblast
en die epiblast.
Die hipoblast gee vorm aan
die dooiersak,
een van die strukture waardeur
die moeder voedingstowwe aan
die vroeë embrio verskaf.
Selle uit die epiblast vorm
die eiervlies, of amnion,
waarin die embrio,
en later die fetus,
tot met sy geboorte sal ontwikkel.
|
Capítulo 9 2 a 4 Semanas: Camadas Germinativas e Formação de Órgãos
|
| |
| Teen ongeveer 2½ weke
vorm die epiblast
drie spesiale weefsels,
of kiemlae,
naamlik die ektoderm,
endoderm,
en mesoderm.
Talle strukture
vorm in die ektoderm,
insluitend die brein,
rugmurg,
senuwees,
vel,
naels,
en hare.
Die endoderm produseer die voering
van die asemhalingstelsel
en die spysverteringskanaal,
en genereer gedeeltes
van belangrike organe
soos die lewer
en pankreas.
Die mesoderm vorm die hart,
niere,
beendere,
kraakbeen,
spiere,
bloedselle
en ander strukture.
|
| Teen 3 weke
verdeel die brein in drie primêre dele;
die voorbrein
(presenkefalon),
midbrein (mesenkefalon)
en agterbrein (rombenkefalon).
Die asemhalings- en
spysverteringstelsels
begin ook ontwikkel.
|
| Wanneer die eerste bloedselle
in die dooiersak verskyn,
begin bloedvate
dwarsdeur die embrio vorm,
en verskyn die buisvormige hart.
Byna onmiddellik begin
die vinnig-groeiende hart
inmekaar vou,
soos afsonderlike hartkamers
begin ontwikkel.
Teen 3 weke en 1 dag
na bevrugting
begin die hart klop.
Die bloedvaatstelsel
is die eerste liggaamstelsel,
of verwante groep organe,
wat 'n werkende toestand bereik.
|
Capítulo 10 3 a 4 Semanas: O Dobramento do Embrião
|
| |
| Tussen 3 en 4 weke
word die liggaamsplan
duidelik wanneer die embrio se brein,
rugmurg,
en hart
maklik langs die dooiersak
geïdentifiseer kan word.
Vinnige groei veroorsaak dat die
taamlike plat embrio ineenvou.
Tydens hierdie proses versmelt
'n deel van die dooiersak
met die spysverteringstelsel
se voering
en word die bors-
en buikholtes van die
ontwikkelende mens gevorm.
|