| |
Desenvolvimento Embrionário: 4 a 6 Semanas
Capítulo 11 4 Semanas: Líquido Amniótico
|
| |
| Teen 4 weke
omring die deurskynende
amnion die embrio
in sy voggevulde sak.
Hierdie steriele vloeistof, wat vrugwater
of amnionvog genoem word,
beskerm die embrio teen
moontlike beserings.
|
Capítulo 12 O Coração em Ação
|
| |
| Die hart klop gemiddeld teen
113 slae per minuut.
Let op hoe die hart van kleur verander
soos bloed die hartkamers met elke
hartklop binnevloei en verlaat.
Die hart sal ongeveer
54-miljoen keer voor geboorte klop;
dit sal meer as 3.2-miljard slae
tydens 'n lewensduur van 80 jaar gee.
|
Capítulo 13 O Crescimento do Cérebro
|
| |
| Vinnige breingroei kan
gesien word soos
die voorbrein,
midbrein,
en agterbrein verander.
|
Capítulo 14 Brotos dos Membros
|
| |
| Die boonste en onderste ledemate
begin ontwikkel wanneer
die ledemaatknoppe teen 4 weke
hul verskyning maak.
|
| Die vel is nog deursigtig
omdat dit net een sel dik is.
Soos die vel dikker word,
sal dit al hoe minder deursigtig word,
wat beteken dat ons die
interne organe vir nog net 'n maand
sal kan sien ontwikkel.
|
Capítulo 15 5 Semanas: Hemisférios Cerebrais
|
| |
| Tussen 4 en 5 weke,
sit die brein sy vinnige groei voort
en verdeel dit in 5 duidelike dele.
Die kop beslaan ongeveer 'n derde
van die embrio se totale grootte.
Die breinhelftes, oftewel
serebrale hemisfere, verskyn en word
geleidelik die grootste gedeeltes
waaruit die brein bestaan.
Die serebrale hemisfere beheer die
mens se vermoë om te
dink, leer,
onthou, praat, sien
hoor, vrywillige bewegings uit te voer,
en probleme op te los.
|
Capítulo 16 Vias Respiratórias Principais
|
| |
| Die linker- en regterlongpype
is reeds in die
asemhalingstelsel aanwesig;
hulle sal later
die tragea, of lugpyp,
met die longe verbind.
|
Capítulo 17 Fígado e Rins
|
| |
| 'n Massiewe lewer lê die buikholte
neffens die kloppende hart vol.
Permanente niere sal
teen 5 weke verskyn.
|
Capítulo 18 Saco Vitelino e Células Germinativas
|
| |
| Die dooiersak bevat
vroeë voortplantingselle
wat kiemselle genoem word.
Teen 5 weke
migreer hierdie kiemselle
na die voortplantingsorgane
wat langs die niere geleë is.
|
Capítulo 19 Placas da Mão e Cartilagem
|
| |
| Die embrio
ontwikkel ook handplaatjies
teen 5 weke,
en kraakbeen begin teen 5½ weke vorm.
Hier sien ons die linker-handplaatjie
en gewrig soos dit teen
5 weke en 6 dae lyk.
|