| |
Desenvolvimento Embrionário: 6 a 8 Semanas
Capítulo 20 6 Semanas: Movimento e Sensação
|
| |
| Teen 6 weke groei
die serebrale hemisfere
uitermatig vinnig teenoor
die res van die brein.
Die embrio begin spontane
en refleks-bewegings maak.
Sulke bewegings is noodsaaklik
om normale senu-spier-ontwikkeling
teweeg te bring.
|
| As 'n mens aan die embrio
se mondgedeelte sou raak,
sal hy reeds sy kop vanself terugtrek.
|
Capítulo 21 A Orelha Externa e a Formação de Célula Sanguínea
|
| |
| Die buite-oor begin vorm aanneem.
|
| Teen 6 weke
begin bloedselvorming
in die lewer plaasvind,
waar limfselle (limfosiete)
nou aanwesig is.
Hierdie soort witbloedselle
speel 'n belangrike rol in die
ontwikkelende immuniteitstelsel.
|
Capítulo 22 O Diafragma e os Intestinos
|
| Die mantelvlies (diafragma),
wat die hoofspier is wat
tydens asemhaling gebruik word,
is teen 6 weke byna voltooi.
|
| 'n Gedeelte van die
ingewande bult nou tydelik
in die naelstring uit.
Tydens hierdie natuurlike proses,
genaamd fisiologiese uitstulping,
word vir ander ontwikkelende
organe in die buik plekgemaak.
|
Capítulo 23 Placas da Mão e Ondas Cerebrais
|
| |
| Teen 6 weke word
die handplaatjies effens platter.
|
| Primitiewe breingolwe kan van so vroeg
as 6 weke en 2 dae bespeur word.
|
Capítulo 24 Formação do Mamilo
|
| |
| Tepels verskyn aan die sye van die lyf,
net voordat hulle op hul eintlike plek
voor op die borskas te ruste sal kom.
|
Capítulo 25 Desenvolvimento dos Membros
|
| |
| Teen 6½ weke kan
die elmboë onderskei word,
die vingers begin van mekaar skei,
en handbewegings kan waargeneem word.
|
| Beenvorming, ook ossifikasie
of verbening genoem,
begin by die sleutelbeen,
of klavikel,
en by die bo- en onderkaak.
|
Capítulo 26 7 Semanas: Soluços e Resposta a Susto
|
| |
| Teen 7 weke kan die fetus al hik.
Die bene begin beweeg,
en 'n mens
kan reeds prikkel-response waarneem.
|
Capítulo 27 O Coração Desenvolvido
|
| |
| Die vierkamer-hart is grootliks voltooi.
Die hart klop nou teen
gemiddeld 167 slae per minuut.
Die hart se elektriese aktiwiteit
lyk teen 7½ weke
baie soos dié wat deur 'n volwassene
se hartgolwe geregistreer word.
|
Capítulo 28 Ovários e Olhos
|
| |
| In vroulike embrios is die eierstokke
al teen 7 weke herkenbaar.
|
| Teen 7½ weke, kan die
gepigmenteerde netvlies (retina)
reeds maklik gesien word,
en begin die ooglede vinnig groei.
|
Capítulo 29 Dedos das Mãos e dos Pés
|
| |
| Die vingers is nou los van mekaar
en die tone is nog net
by die eerste lit aan mekaar vas.
|
| Die hande kan nou aan mekaar raak,
net soos die voete.
Kniegewrigte kan gesien word.
|