| |
Um Embrião de 8 Semanas
Capítulo 30 8 Semanas: Desenvolvimento do Cérebro
|
| |
| Teen 8 weke is die brein
al hoogs kompleks
en weeg dit byna die helfte van
die embrio se totale liggaamsgewig.
Ontwikkeling word merkwaardig
vinnig voortgesit.
|
Capítulo 31 Característica de Destro e Canhoto
|
| |
| Teen 8 weke toon 75% van
embrios al regterhand-dominansie.
Die res is eweredig tussen
linkerhand-dominansie
en geen voorkeur verdeeld.
Dit is die vroegste bewys van
regter- of linkerhandoorheersing.
|
Capítulo 32 Virar
|
| |
| Volgens pediatriese handboeke
verskyn 'n kind se vermoë om
"om te rol" teen 10 tot
20 weke na geboorte.
Hierdie indrukwekkende vertoon
van koördinasie word egter
reeds veel vroeër in die
lae swaartekrag omgewing
van die vloeistof-versadigde
vrugwatersak vertoon.
Al wat die pasgeborene nie
het nie, is die krag om
die hoër aantrekkingskrag buite
die baarmoeder te oorkom -
al wat hom daarvan weerhou
om "om te rol".
|
| Die embrio word liggaamlik meer aktief
gedurende hierdie tyd.
Bewegings kan stadig of vinnig,
enkel of herhalend,
spontaan of refleksief wees.
Dit gebeur dikwels dat die
kop gerol word, nek uitgestrek word,
en die hande aan die gesig raak.
|
| As die embrio aangeraak word,
trek hy sy oë op skefies getrek,
beweeg sy kakebeen,
gryp rond met sy handjies,
en punt hy sy tone.
|
Capítulo 33 Fusão da Pálpebra
|
| |
| Die boonste en onderste ooglede
groei tussen 7 en 8 weke
vinnig bo-oor die oë
en vergroei dit gedeeltelik.
|
Capítulo 34 Movimento de Respiração e Micção
|
| |
| Alhoewel daar nie lug
in die baarmoeder is nie,
maak die embrio teen 8 weke
nou en dan asemhalingsbewegings.
|
| Teen hierdie tyd,
produseer die niere uriene
wat in die vrugwater vrygelaat word.
Manlike embrios se ontwikkelende testes
begin testosteroon produseer en afskei.
|
Capítulo 35 8 a 9 Meses (32 a 36 Semanas): Formação dos Alvéolos, Segurar com Força, Preferências de Gosto
|
| |
| Die ledemate se bene, gewrigte,
spiere, senuwees,
en bloedvate
lyk reeds baie soos dié
van 'n volwassene.
Teen 8 weke verander
die epidermis, of boonste laag vel,
in 'n membraan wat uit vele lae bestaan,
en verloor dit redelik baie
van sy deursigtigheid.
Wenkbroue begin groei en
fyn haartjies verskyn om die mond.
|
Capítulo 36 Resumo das Primeiras 8 Semanas
|
| |
| Na 8 weke is die embrionale fase verby.
Die menslike embrio het nou
van 'n enkele sel tot 'n wese met byna
een-miljard selle ontwikkel,
wat oor meer as 4 000 duidelike
anatomiese strukture beskik.
Die embrio het nou reeds
meer as 90% van die strukture
waaroor volwassenes beskik.
|